Local newsNationalNews

Rowers vermoor jong Sasolburger (26)

Nog 'n Suid-Afrikaner sterf in 'n sinlose moord aan die hand van rowers

Retha Fitchat
SASOLBURG. – ‘n 26-jarige inwoner van Sasolburg, Hansie Botha, is vroeg Woensdagoggend in sy gesin se huis in Soetdoringstraat deur rowers vermoor.
Volgens Christina Stemmet,  ‘n vriendin van Hansie en sy verloofde, het hy gesterf terwyl hy probeer het om sy suster teen die rowers te beskerm.
Die 2 rowers het in die vroeë oggendure toegang tot die huis gekry en ingebars by die hoofslaapkamer waar Hansie se ma en suster geslaap het. Sy suster het wakker geword toe die rowers die kamerlig aanskakel.
Hansie het vermoedelik weens die rumoer wakker geword en gaan help. Die familie se hond het een van die rowers bestorm terwyl die inbreker ‘n vuurwapen op die suster gerig het. Die rowers het gevlug, maar in die proses vir Hansie in die bors geskiet. Hy het op die toneel gesterf.
“Nog ‘n wonderlike, intelligente jongmens se lewe is in ‘n sinlose aanval geneem,” sê Christina.
* Vaalweekblad se innige simpatie aan Hansie se gesin en sy meisie. Ons sal volledig oor die voorval verslag doen in die uitgawe van 24 Oktober.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button