Local newsNewsNewsBreaking News

Man het nog geruime tyd geleef na N1 ongeluk

Man het nog geruime tyd geleef na N1 ongeluk

VANDERBIJLPARK. – Nuwe inligting het na vore gekom na die ongeluk op die N1 snelweg ‘n week gelede op Saterdag 20 Oktober toe ‘n 40 jarige man tragies in ‘n ongeluk dood is toe die voertuig waarmee hy en ‘n werknemer gery het, agter teen ‘n trok gebots het.

Shawn Fouché (40), eienaar van Electroshaw en sakeman van Naboomspruit (Mookgophong), was nie opslag dood toe die Mercedes Vito, ongeveer 05:00 saam met een van sy werkers, Henko Barnard, in die ongeluk betrokke was. Die ongeluk het sowat 4,5 km noord vanaf die motororhawe en Saloon 2000 op die Potchefstroom-pad oorbrug, op die N1 snelweg plaasgevind het.

In ‘n onderhoud met die Bosveld Review, plaaslike koerant in Naboomspruite se verslaggewer, Lionél van Wyk, het hy die volgende gesê: “Ek en Shawn het Vrydagmiddag 16:00 in die Kaap gery. Toe ons soontoe gegaan het, het ons op Colesberg oorgeslaap, maar Shawn wou met die terugkom deurskiet om vroeër by die huis te wees. Ek het geslaap terwyl hy bestuur het en het wakker geskrik van die remme wat skree. Van die impak het die veiligheidsgordel my halsnoer in my vel ingedruk. Die merk sit nou nog hier op my bors. Dit is moeilik vir my om te sê wat regtig gebeur het aangesien ek geslaap het, maar ek vermoed dat die trok voor ons nie ligte gehad het nie. Daar word beweer dat Shawn aan die slaap geraak het, maar as hy geslaap het glo ek nie hy sou kon remme vasmaak nie.”Barnard het laserasies in sy gesig opgedoen en ligmente in sy skouer en knieg seergemaak.

 Shawn is die eienaar van die besigheid. Shawn se Pa, Piet Fouché, het vanaf Germiston gehaas na die ongelukstoneel waar hy sy seun, wat met ‘n kombers toegemaak was, agter die stuur gevind waar hy vasgepen is. Piet het om die voertuig gedwaal en by tye sy hand op sy seun gaan lê en onbedaarlik gehuil.

Henko wou egter nie per ambulans hospitaal toe geneem word nie en is later deur familie na die hospitaal geneem.

Henko het verder aan Bosveld Review vertel dat Fouché nog gelewe het na die slag. “Na die slag was Fouché agter die stuur vasgepen en hy het nog gelewe. Ek het glas van hom afgehaal en sy gordel losgemaak. Dis toe dat ‘n ander man wat gestop het vir my verduidelik om hom eerder te los tot die paramedisie daar aankom. Hy het van Shawn se foon af ER24 geskakel. Dit het vir hulle sowat ‘n uur en 30 min gevat om daar aan te kom. Minder as tien minute voor hul aankoms het Shawn sy laaste asem uitgeblaas. Shawn se pa, oom Piet het ook na die toneel gejaag. Sy hart is stukkend.”

Fouché se begrafnis vind vandag, Donderdag, 25 Oktober om 10:00 by die AGS kerk in Boksburg, Gauteng plaas. Shawn laat sy pa en stiefma, Piet en Joey Fouché, ma Gwen van der Watt, broers Vincent en Jean, suster Gwen Dirker, vrou Nadija en seuns Dylan en Justin na.

Henko Barnard (links) hier saam met Shuan Fouché. Foto: Bosveld Review

 

Die hartseer Piet Fouché lê sy hand op sy oorlede seun, Shawn Fouché (40),nadat Shawn tragies vroegoggend in 'n ongeluk gesterf het. FOTO: Jannie du Plessis (Vaalweekblad)
Die hartseer Piet Fouché lê sy hand op sy oorlede seun, Shawn Fouché (40),nadat Shawn tragies vroegoggend in ‘n ongeluk gesterf het. FOTO: Jannie du Plessis (Vaalweekblad)
FOTO: Jannie du Plessis (Vaalweekblad)
FOTO: Jannie du Plessis (Vaalweekblad)
FOTO: Jannie du Plessis (Vaalweekblad)
FOTO: Jannie du Plessis (Vaalweekblad)
FOTO: Jannie du Plessis (Vaalweekblad)
FOTO: Jannie du Plessis (Vaalweekblad)
FOTO: Jannie du Plessis (Vaalweekblad)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button