NewsNews

Geliefde juffrou verloor jare lange stryd

VANDERBIJLPARK. – ‘n Geliefde onderwyseres wat by die naskoolsentrum by Laerskool Vaalrivier gewerk het, is op Donderdag 20 Augustus na ‘n jare lange stryd teen kanker oorlede. Naomi Jordaan (51), het 25 jaar gelede kanker gekry en nadat sy vir jare met verskeie soorte kankers moes saamleef, het sy verlede week die stryd teen kanker …

VANDERBIJLPARK. – ‘n Geliefde onderwyseres wat by die naskoolsentrum by Laerskool Vaalrivier gewerk het, is op Donderdag 20 Augustus na ‘n jare lange stryd teen kanker oorlede.
Naomi Jordaan (51), het 25 jaar gelede kanker gekry en nadat sy vir jare met verskeie soorte kankers moes saamleef, het sy verlede week die stryd teen kanker verloor. Naomi was die afgelope vier jaar by die skool se naskoolsentrum betrokke en was baie geliefd onder die gemeenskap en die kinders. Sy het voorheen vir drie jaar by die Beertjie Kleuterskool in Vanderbijlpark gewerk.Vriende, kinders en familie sal haar onthou as ‘n baie vriendelike en behulpsame vrou en goeie ma vir haar eie- en ander se kinders.‘n Begrafnisdiens vind plaas op 28 Augustus om 12:00 uit die Lede vir Christus Kerk in President Boshoffstraat, SE1 in Vanderbijlpark gehou. Naomi word oorleef deur haar man Ben, drie dogters en vyf kleinkinders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button