Local newsNews
Twee in botsing op Waterdalpad beseer
Twee pasiënte is verlede Maandag met ligte beserings hospitaal toe vervoer nadat 'n bakkie en motor by die Houtkop/Waterdal-aansluiting gebots het.

VEREENIGING. – Twee pasiënte is verlede Maandag met ligte beserings hospitaal toe vervoer nadat die bakkie by die Houtkop/Waterdal-aansluiting teen die rooi Renault gebots het. Verskeie ambulansdienste was op die toneel om bystand te verleen. Die voertuie is agterna deur mnr. Eddie de Wet van DME-insleepdienste van die toneel af verwyder. Foto: Chris Smuts.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



