Local newsNewsNewsBreaking News

Studente se pretrit eindig teen lamppaal

Studente se pretrit eindig teen lamppaal

VANDERBIJLPARK. – Drie studente van VUT het hul merk gemaak nadat hulle reg voor VUT in ‘n ongeluk betrokke was en een van die lamppale omgery het.

Die ongeluk het Saterdag-oggend 17 November, ongeveer 03:05 gebeur toe die drie manne in Andries Potgieter boulevard in die rigting van die Barrageweg beheer verloor het, oor die randsteen gery het en die voertuig gerol het. Die Lamppaal  het om hul Volkswagen Polo gevou.

Een van die insittendes moes deur die brandweer met hidroliese toerusting bevry word en hy is in ‘n ernstige toestand na die hospitaal geneem. ‘n Tweede insittende is met minder ernstige besering na die hospitaal geneem. Die derde jong man het op die sypaadjie gesit en aanvanklik geweier om mediese sorg te ontvang. Hy is egter later na die ambulans geneem.

‘n Groot groep nuuskierige studente van nabygeleë wooneenhede het om die ongeluk daardie tyd van die oggend saamgedrom. Netcare 911, ER24 en Gauteng EMS was op die toneel om na die pasiënte om te sien.

FOTO GALLERY – Jannie du Plessis (Vaalweekblad).

het die manne behandel. Die polisie was op die toneel en ondersoek die saak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button