
VANDERBIJLPARK. – ‘n Man het Saterdag 17 November die eienaar van OK in Carterstraat met ‘n stukkende bottel aangerand en in die gesig gesteek.
Die onbekende man is gejaag en gevang maar is later deur die polisie vrygelaat. Die rede daarvoor is dat die eienaar nie ‘n klag wou lê nie. Sondagoggend het die man blykbaaar weer in die omgewing van die sentrum rondgeloop. Inwoners is besorgd oor die toename van misdaad by die sentrum. Met verskeie skole in die omgewing is daar ‘n groot toename in bakleiery en dagga gebruik, veral by die posbusse in die parkeerarea.
Die mense wat daar rondhang gebruik enige plek om te urineer en die stank is onuithoudbaar. Volgens Cor Schônborn, ‘n besorgde inwoner, eis die publiek dringende aandag van die polisie voor iemand ernstig seerkry.




