Local newsNewsNewsBreaking News

Lyk hang dae aan boom

Lyk hang dae aan boom

VANDERBIJLPARK. – Vir ‘n joernalis op ‘n ongelukstoneel is jou taak bykans net so georden en gedisiplineerd  soos dié van die nooddienspersoneel .

Jy versamel inligting, probeer jou feite regkry, word weggejaag deur polisie, vind uit wat die beserings is, troos naasbestaandes ens. Maar hoe vra ‘n mens iemand wat homself aan ‘n boom hang wat het in sy lewe gebeur om tot so ‘n besluit te kom? Vandag se samelewing en lewensomstandighede het so verander dat baie kinders en volwassenes van alle ouderdomme en ras, besluit om ‘n einde aan hul lewens te maak. Gewoonlik is die hoofoorsake maar finansies, verhoudings, lewensomstandighede, depressie of psigiese ongesteldheid.

Een so ‘n geval het Dinsdag 20 November afgespeel in ‘n parkie in Euclidstraat, skuins oorkant Laerskool Frikkie Meyer. Ongemerk het ‘n man sy eie lewe geneem deur homself so hoog aan ‘n boom op te hang, dat dit baie moeilik was om hom raak te sien. Volgens inligting moes die lyk reeds ongeveer 3 – 5 dae daar gehang het. ‘n Verbyganger het aan Vaalweekblad vertel dat hy gister daar verbygeloop het en iets baie sleg geruik het maar kon niks sien nie. Vanoggend, Woensdag 20 November, het ‘n huishulp van een van die inwoners in die straat egter die man se voete opgemerk. Die onderste takke is weggebreek en daar hang ‘n goedgeklede man se voete onder die boom uit.

Die polisie is ontbied, die brandweer was daar en omstanders het nuuskierig toegekyk. Geen vrae kan gevra word aan so ‘n persoon nie en met ‘n pluimpie aan die polisie en brandweer, wat sommiges met suurstofmaskers en stofmaskers die lyk genader het, het hulle aan die man na sy dood die nodige respek getoon. Sy lyk is eers met twee sakke van onder af toegemaak en toe stadig met ‘n leer laat afsak. Dit is hartseer om te dink dat iewers daar dalk ‘n vrou en moontlik kinders is wat gewonder het hoekom hul pappa vir die afgelope drie tot vyf dae nie meer huis toe gekom het nie. Geen vrae kan meer gevra word nie en antwoorde gaan baie min wees. Al wat vriende en familie kan doen is om maar saam te leef met die persoon se besluit, en so ‘n besluit te respekteer, want niemand wat hierdie pad gestap het, kan vertel wat skeef geloop het in sy lewe nie.

‘n Forensiese ondersoek sal wel kan bevestig of daar enige gemene spel betrokke was.

Leerlinge van Laerskool Frikkie Meyer kon van die skoolterrein sien waar die man aan die boom hang. ‘n Onderwyser het later die leerlinge weggewys. FOTO: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button