LifestyleNewsSport

Hap en Kap se hengelaars bring goeie vangste wal toe

Veertig hengelaars van die Hap en Kap-hengelklub het op 17 November aan die maandelikse klubkompetisie by Jackie Leonard by die Vaaldam deelgeneem

SASOLBURG. – Veertig hengelaars van die Hap en Kap-hengelklub het op 17 November aan die maandelikse klubkompetisie by Jackie Leonard by die Vaaldam deelgeneem.
Dié hengelaars het altesaam 418 visse met ‘n gewig van 176.272kg kant toe gebring.
Onder die vangs was 52 karpe, 210 moddervisse, 59 babers, 75 graskarpe en 22 kleinbek-geelvis.
Die spesiewenners vir die dag was soos volg: karp – 2.850 kg, Johan Pieters; moddervis – 1.832 kg, Johan Pieters; baber – 0.586 kg, Leon Meyer; graskarp – 4.352 kg, Hennie Greyling, en kleinbek-geelvis – 0.510, Koos Meiring.
Die afdelingwenners was: Senior – Raymano Venter met 41 vis vir 14.662 kg en tweede was JJ van der Heever met 26 vis vir 14.978 kg. By die veterane was Johan Pieters (20 vis vir 13.350 kg) die wenner en Hennie Greyling (19 vis vir 9.378 kg) tweede. In die dames-afdeling was Elize Kinnear (21 vis vir 8.814 k eerste en Marietjie Smith (21 vis vir 6.608 kg) tweede. In die junior-afdeling was die uitblinkers Dian Heydenrich (9 vis vir 4.925 kg) en penkop, Meandro Pieters (9 vis 3.188kg).
Die klub se volgende byeenkoms is hul naweekkamp by Koppies vanaf 7 tot 9 Desember.
Die volgende klubkompetisie word op 19 Januarie by Ardenza gehou.
‘n Ope-kompetisie word ook beplan vir 9 Februarie vir Koppies se sones.
Nadere besonderhede is beskikbaar by Jan de Waal by 083 225 5089.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button