Inwoners gaan moontlik weer sonder krag sit
Inwoners gaan moontlik weer sonder krag sit
VANDERBIJLPARK. – Die sub-stasie in Hertz boulevard wat sowat twee weke gelede vir inwoners, besighede en hoewe -eienaars groot kopseer besorg het, staan ‘n goeie kans om weer sonder krag te sit
Die probleem lê by die dak van die gebou wat sedertdien nog nie herstel is nie en met komende reën kan water heelwaarskynlik deur die seil, wat tans as dak moet dien, lek. Die oorsaak van die kragnetwerk wat vir sommige inwoners dae sonder krag gelaat het, was dat die dak gelek het en op die skakelaars geval het. Dit het ontplof en ‘n brand veroorsaak.
Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het egter nog geen poging aangewend om die dak te herstel nie en moontlik reën die komende naweek kan weer katastrofiese gevolge tot gevolg hê.








