Jong man sterf toe motorfiets boom tref
Motorfietsryer bots teen boom in McColm Boulevard

VANDERBIJLPARK. – ‘n Jong man het vroeër vanaand (Sondag 9 Desember) gesterf toe hy vermoedelik beheer oor sy motorfiets verloor en teen ‘n boom langs Mc Colm Boulevard gebots het.
Volgens ER24-woordvoerder Ross Campbell het paramedici van dié nooddiens omstreeks 17:20 op die toneel aangekom, maar vasgestel dat die jong man reeds gesterf het en dat niks verder vir hom gedoen kon word nie. Hy is op die toneel dood verklaar.
Volgens omstanders op die toneel het die man ten tyde van die ongeluk nie ‘n valhelm gedra nie. Die Polisie was op die toneel om die ongeluk verder te ondersoek. Die identiteit van die oorledene is nog nie bekend gemaak nie.
* Vaalweekblad se innige simpatie aan sy familie en vriende.



