CommunityNewsNews
Oom Andries se vingers steeds groen
VANDERBIJLPARK. – So op die drumpel van die lente is almal besig om te plant en reg te maak vir die eerste reëns. Oom Andries Joubert (79), wat op 4 Maart 1966 in Vaalweekblad verskyn het met ‘n reuse pampoen van 60 pond (27kg), se hande staan steeds vir niks verkeerd as dit by groente …

VANDERBIJLPARK. – So op die drumpel van die lente is almal besig om te plant en reg te maak vir die eerste reëns.
Oom Andries Joubert (79), wat op 4 Maart 1966 in Vaalweekblad verskyn het met ‘n reuse pampoen van 60 pond (27kg), se hande staan steeds vir niks verkeerd as dit by groente kom nie. Sy nuwe knewel is ‘n blomkool van 3.2 kg wat op 23 Mei afgeneem is en is die volgende dag geoes. Oom Andries bly in Macowenstraat in Vanderbijlpark. Jare lank is hy doenig in sy groentetuin en produseer verskeie groentesoorte uit dié klein tuin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




