VANDERBIJLPARK. – ‘n Bejaarde man is gister dood toe hy in Ascot on Vaal rylaan tussen die Pick & Pay Bedworthpark kompleks en La Oma slaghuis voor ‘n motor beland het.
ER24 was kort daarna op die toneel maar niks kon vir die man gedoen word nie. Hy is vermoedelik opslag dood en is op die toneel dood verklaar. Die ongeluk het ongeveer 13:00 Vrydag 21 Desember plaasgevind. Die polisie was op die toneel en die saak word ondersoek. Geen verdere besonderhede oor die identiteit van die man is bekend nie.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



