LifestyleLocal newsNews

Boodskappe ontvang op Vaalweekblad Facebook Inbox

Lees die kort beriggies wat Vaalweekblad van lesers af ontvang het

VULLISVERWYDERING:
Chris en Rudy skryf:
Goeie dag. Ons het spesiale aanbod op ons vullisverwydering. Ons gaan slegs R4 per sak vra.
Bespreek asb vroegtydig en ‘n dag voor die tyd jou plek om teleurstelling te voorkom.
Daar is beperkte aantal kliënte per dag.
Fondse gaan steeds vir minder bevoorregte kinders in die area.
Skakel 0614829433.

 

 
KAN EMFULENI SE ELEKTRISITEITSAFDELING DALK DIé MENSE HELP?
Die inwoners van De Gaullestraat 6, Duncanville, se krag het Saterdagmiddag afgegaan maar hul bure se krag is almal aan. Blykbaar was daar ‘n kortsluiting van die “trip switch” by die Emfuleni-paal. “Ek het al almal gebel onder die son. Die yskaste is besig om af te loop in die hitte. Asseblief. Kan iemand nie help nie. Ons sal selfs ‘n elektrisiën betaal om net die krag by die paal aan te sit.

 

 
WIL GRAAG ‘N MANSVRIEND ONTMOET
Magda skryf:
Ek is op soek na enkellopendes mansvriende vanaf 46 tot 47. Ek is ‘n enkelma met een dogter van 8 jaar oud. Ek werk by ‘n kleuterskool en is van Sasolburg af. Ek hou van kamp, braai, stap, kook, dvd en fliek ook. Ek soek iemand ordentlik wat selfstandig is en moet lief wees vir kinders. Julle kan my WhatApp by 0761818666. Baie dankie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button