Petisie om borgtog te keer
VANDERBIJLPARK. – ‘n Petisie word tans op sosiale media gesirkuleer om te verhoed dat die vermeende moordenaar van die 61-jarige Daniel Christoffel van Heerden borgtog kry. Van Heerden is op 27 Desember in Meyerton na ‘n woordewisseling deur ‘n sekuriteitswag doodgeskiet. Die moordverdagte verskyn op 2 Januarie in die Vereenigingse Landdroshof. Daar word ook in …
VANDERBIJLPARK. – ‘n Petisie word tans op sosiale media gesirkuleer om te verhoed dat die vermeende moordenaar van die 61-jarige Daniel Christoffel van Heerden borgtog kry.
Van Heerden is op 27 Desember in Meyerton na ‘n woordewisseling deur ‘n sekuriteitswag doodgeskiet. Die moordverdagte verskyn op 2 Januarie in die Vereenigingse Landdroshof. Daar word ook in die petisie versoek dat die gemeenskap die hofverrigtinge moet bywoon. Wyle van Heerden sal Vrydag in Meyerton begrawe word. 



