EntertainmentLocal newsNewsNewsBreaking News

‘n Eerste in die Vaaldriehoek – ‘n inry-haarsalon

'n Eerste in die Vaaldriehoek. - 'n in-ry haarkapper

Jannie du Plessis – Vaalweekblad

VANDERBIJLPARK. – ‘n Bestuurder van ‘n drank afleweringsvoertuig was so desperaat om sy hare te laat sny dat hy die salon om die draai ‘n inry-haarsalon verander het.

Die voorval het gister 9 Januarie by die hoek van Marconistraat en Heavysidestraat plaasgevind toe ‘n werknemer van ‘n drankwinkel, wat om die draai van Salon Suzett’s geleë is, deur water en ‘n slaggat beheer verloor het en parkering gesoek het in die haarsalon. Die geskokte werknemers van die salon was besig met kliënte maar geen happe in die hare is aangemeld nie. Die woorde “everything a women needs under one roof” wat op die venster vertoon het, sluit seker nie inry kliënte in by die lys van goed wat ‘n vrou nodig het nie.

Terwyl die eienaar van Salon Suzett’s, Hanna Compaan, met die betrokke partye reëlings getref het om die oop gat voor in die winkel te beveilig, het werknemers onverpoosd voort gegaan om die kliënte se hare klaar te maak.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Die bakkie het heelwat skade opgedoen. Foto: Jannie du Plessis
Hierdie plas water en versteekte slaggate was die oorsaak dat die bestuurder van die bakkie beheer verloor het en in die salon se voorkant ingery het.
Personeel was nie baie beïndruk met die kits lugversorger in die salon nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button