Local newsNewsNewsBreaking News

Kaping-drama op R59

Kaping-drama op R59

Ettienne van Rensburg

MEYERTON.- Minstens vier vermeende trok-kapers is vanmiddag net na 15:15 op die R59 net na die Johan Le Roux-afrit vasgetrek.

Flink optrede deur SAPS wat verby die mislukte kaping gery het, het tot die arrestasie van die bendelede gelei. Volgens polisie op die toneel het die kapers glo die bestuurder van die trok beduie dat daar iets fout is met die trok. Toe hy aftrek en uitklim het hulle hom probeer oorval maar hy het homself verset. Dit is toe dat die polisie daar verby gery het. Drie van die bendelede is daar en dan gearresteer en na ‘n kort jaagtog is nog ‘n verdagte aangekeer.

Een van die kapers wat weggejaag het lê plat op die grond nadat hy gearresteer is. Foto’s: Ettienne van Rensburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button