HealthLifestyleLocal newsNews

Onwettige vullisstorters… wees gewaarsku!

Rusticana Buurtwag gaan nou met mening optree teen oortreders

Inwoners van die hoewes buite Vanderbijlpark het nou net mooi genoeg gehad van mense wat hul vullis onwettig langs hul paaie of in oop gebiede kom stort.
Die Rusticana Buurtwag het nou “oorlog” verklaar teen die oortreders en dreig dat daar streng teen hulle opgetree gaan word.
“Die stortterrein by Stephanopark-hoewes byvoorbeeld, lyk  te naar vir woorde. Dit is nou al hoe lank dat inwoners kla omdat mense onwettig hier kom stort en dat dit boonop by tye aan die brand gesteek word, wat kwaai lugbesoedeling veroorsaak,” kla inwoners.
Die Rusticana Buurtwag wys daarop dat dié terrein nie ‘n wettige stortterrein is nie. Dit is dus ONWETTIG om vullis hier te kom stort.
Kennisgewingborde is nou aangebring sodat oortreders kan besef hulle ootree die wet.
“Stewige boetes van tot R50 000 sal uitgereik word aan mense wat weer hier kom vullis stort. Daarby sal jou vullis ook met ‘n vragmotor na jou huis teruggeneem en in jou oprit afgegooi word,” dreig lede van die Rusticana Buurtwag.
“Wees gewaarsku! Werk asseblief saam!” is die Buurtwag se versoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button