Die nat padtoestande was skynbaar ook die oorsaak dat dié voertuig naby die Ekopark in Vaalpark gegly, van die pad af geloop en gerol het. Gelukkig is niemand ernstig beseer nie.Die afgelope naweek se eerste lentereën is deur die meeste inwoners van die Vaaldriehoek verwelkom, maar vir sommige het dit groot teëspoed gebring. Twee voertuie het Saterdag 5 September kort na mekaar in die reën op die R57 gerol – een naby die Ekopark by Vaalpark en die ander een naby Stonehaven. Slegs een persoon is redelik ernstig in die ongelukke beseer en hospitaal toe geneem, terwyl ander pasiënte lig beseer en op die toneel deur paramedici behandel is. In ‘n ander tragiese voorval het die 19-jarige Brandon du Plessis in Karibastraat, Vereeniging, laat Saterdagaand beheer oor sy voertuig verloor. Die voertuig het neus-eerste in ‘n afgrond van sowat 12 meter diep, beland. Brandon het op slag gesterf en sy passasier, sy 20-jarige vriend, is met kritieke beserings in die hospitaal opgeneem. Foto’s: Rudy Francis en Chris SmutsDie voertuig het Saterdagoggend naby Stonehaven op die R57 gerol.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!