NewsNews

900 klagte teen pedofiel-pa

SASOLBURG. – Die pedofiel-pa van Vaalpark wat verlede jaar in hegtenis geneem is weens die maak en verspreiding van kinderpornografie, staar 900 aanklagte in die gesig. Die 42-jarige man is op 16 Oktober verlede jaar in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n wenk van Interpol ontvang het dat hy bedrywig was op ‘n pedofielnetwerk op …

SASOLBURG. – Die pedofiel-pa van Vaalpark wat verlede jaar in hegtenis geneem is weens die maak en verspreiding van kinderpornografie, staar 900 aanklagte in die gesig.
Die 42-jarige man is op 16 Oktober verlede jaar in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n wenk van Interpol ontvang het dat hy bedrywig was op ‘n pedofielnetwerk op die internet. Nadat die polisie op sy rekenaars en elektroniese toestelle beslag gelê het, het dit aan die lig gekom dat hy onder meer kinderpornografie van sy eie twee dogters en nog 17 ander minderjarige meisies gemaak en versprei het.
Die saak word vir bykans ‘n jaar al ondersoek en daar is reeds meer as 190 000 bewysstukke bymekaargemaak. Die bevelvoerder van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe, Heila Niemand, sê in haar loopbaan van 25 jaar in die polisie het dié saak haar die ergste geraak. Die saak neem so lank aangesien daar baie slagoffers is en die pornografiese materiaal wêreldwyd versprei is. Sy sê daar is baie elektroniese bewysstukke en dit neem tyd om alles te ontleed en te versamel. Sy sê die ondersoekspan moet presies bepaal met wie die beskuldigde almal gekorrespondeer het en elke leidraad moet opgevolg word. Niemand meen dit is ʼn uiters komplekse saak wat nie sommer vinnig afgehandel kan word nie, omdat daar so baie aanklagte teen die beskuldigde is. Die saak is Dinsdag in die landdroshof in Sasolburg uitgestel tot Donderdag 10 September, aangesien die beskuldigde moes aansoek doen by Legal Aid vir ‘n Pro Bono advokaat om hom te verdedig omdat hy nie self een kan bekostig nie. Sodra ‘n advokaat aangewys is, sal daar besluit word oor waar en wanneer die verhoor teen hom sal begin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button