Entertainment
Dokkies bid vir HS Driehoek
VANDERBIJLPARK. - Die gemeenskap is in rou gedompel na die tragiese nuus oor die voorval vanoggend by Hoërskool Driehoek waar 'n oorhoofse struktuur ineengestort het. Boodskappe van medelye het sedert die voorval op sosiale media ingestroom. Ook leerlinge van Hoërskool Dr. Malan in Meyerton het het bymekaar gekom om vir die leerlinge, personeel en ouers van Driehoek te bid.
Die oorhoofste struktuur het vanoggend omstreeks 08:30 inmekaargestort toe leerlinge na die skoolsaal beweeg het.
Volgens Steve Mabona, woordevoerder vir die Gautengse onderwysdepartement, sal ‘n ondersoekspan later na die skool gestuur word om te bepaal waarom die struktuur (bruggie) ineengestort het.
Volgens inligting is drie leerlinge dood en sowat 21 beseer.




