Opvolg: Tragedie by Hoërskool Driehoek
Dringende navrae rondom Hoërskool Driehoek-leerders wat nog nie met hul ouers kontak gemaak het nie, kan gerig word aan die volgende noodnommers:
Mnr. Pieter Lourens laat weet: Dringende navrae rondom leerders wat na vanoggend se tragedie nog nie met hul ouers kontak gemaak het nie, kan gerig word aan die volgende noodnommers:
0722701937 & 0825661932 & 0725949028.
Tot dusver is bevestig dat drie kinders gesterf het toe ‘n oorhoofse betonpaneel wat twee van die Hoërskool Driehoek se geboue met ‘n gang verbind, ineengestort het. Gerugte dat ‘n vierde kind gesterf het, kon nog nie bevestig word nie.
Daar was 21 pasiënte op die toneel, berig Jannie du Plessis, Vaalweekblad se verslaggewer op die toneel.
Vier kinders, drie dogters en ‘n seun, is kritiek beseer. Hulle is onderskeidelik na die Unie-hospitaal in Alberton en Milpark in Johannesburg gevlieg met Netcare911 se noodhelikopter.
Meer inligting volg binnekort.



