HS Driehoek-tragedie: Ouer betrokke in ongeluk op pad na skool
'n Ernstig beseerde vrou is na die botsing per ambulans hospitaal toe geneem
Vaalweekblad het nie-amptelik verneem dat ‘n vrou vroeër vanoggend baie ernstig beseer is in ‘n motorongeluk langs Vaal Mall in Rossini-boulevard, Vanderbijlpark.
Na wat verneem word, was ‘n ouer van een van Hoërskool Driehoek se leerlinge op pad skool toe toe sy in die botsing teen ‘n ander voertuig betrokke was.
‘n Vrou is na die botsing per ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer. Gerugte dat die beseerde vrou intussen gesterf het, kon nog nie bevestig word nie.
Vaalweekblad se uitgawe van 6 Februarie sal volledig berig oor dié en ander sake wat met die Hoërskool Driehoek-tragedie verband hou.
Vaalweekblad se innige meegevoel aan almal wat deur vanoggend se hartseer gebeure geraak is.



