Local newsNationalNewsBreaking News
Bid vir Cheverné Duvehage
Sy is pas uit die teater uit. Haar toestand is kritiek maar sy lewe!
Cheverné Duvenhage, een van die erg beseerde leerlinge van die Hoërskool Driehoek wat vanoggend in ‘n kritieke toestand na die Unie-hospitaal in Alberton gevlieg is, is geopereer en sowat 45 minute gelede uit die teater uit.
Vaalweekblad verneem haar een heup is gekraak. Haar lewer en maagwand is geskeur en sy het kopbeserings opgedoen. Die inwendige bloeding is genadiglik gestop. Haar lewe hang steeds aan ‘n draadjie. Haar familie en vriende doen ‘n beroep op die publiek om asseblief vir haar te bid. Die volgende 48 uur gaan deurslaggewend wees.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



