Local newsNationalNews

Opvolg: Driehoek-tragedie – Ma leef na botsing op pad skool toe

Mamma Debbie Coetzee het 'n ernstige kopwond en is tans onder sterk verdowing

VANDERBIJLPARK. – Mev. Debbie Coetzee, wat vanoggend beseer is toe sy op pad na Hoërskool Driehoek in ‘n botsing betrokke was, het ‘n ernstige kopbesering opgedoen en word tans in die Sebokeng-hospitaal behandel.
Gerugte het vroeër vandag die ronde gedoen dat Debbie beswyk het, maar gelukkig kan Vaalweekblad berig dat dit nie die geval is nie. Sy leef.
Haar kollega en vriendin, Adri Vorster, sê Debbie is onder baie sterk verdowing en dokters is nog besig met toetse om die erns van haar besering vas te stel.
Debbie was vanoggend op pad na Hoërskool Driehoek om seker te maak dat haar dogter, Ruzaan, veilig was nadat ‘n betonblad by die skool ineengestort het, toe Debbie in Rossini-boulevard langs Vaal Mall in ‘n botsing met ‘n ander voertuig betrokke was. Debbie se voertuig het gerol.

* Vaalweekblad se wense vir spoedige beterskap aan Debbie. Ons is dankbaar om te verneem dat haar dogter, Ruzaan, nie in die voorval by Driehoek beseer is nie.

Foto’s: Stanley Coetsee

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button