Local newsNationalNews

Hoërskool Driehoek: Só gaan dit nou met die beseerdes:

Sommige is steeds uiters kritiek

Benedet Thurling Goosen van die Gebedsgroep vir Driehoek-kinders dra dié boodskap namens Cheverné Duvenhage se familie oor:
Cheverné het teruggekom van die CT-scan en daar is geen breinskade nie. Dankie Vader! Die lyf scan…. Drie werwels in haar laerug is gebreek en haar heupe is gebreek. Die dokter sê hy sal more MOET opereer om die (wond in die) maag toe te maak. Hulle het bloedklonte in haar longe gekry. Haar een nier is ook beskadig. Die dokter sê Cheverné hou net-net vas.
Bid asseblief!

*************

Nicole Nel het ‘n pen in haar arm gekry. Sy is steeds onder verdowing.
**********
(Anrika Nagel doen verslag)
Opvolg oor Shamoné Steynvaart se toestand:
Die neuroloog het vanmiddag ‘n rugoperasie uitgevoer. Hy moes baie tegnieke gebruik om haar rug te stabiliseer. Hulle gaan nou die pols heg wat op 2 plekke gebreek is. Dit gaan nog so uur neem. Die dokter sal oor 2 dae kyk hoe vorder die rug.
* Vaalweekblad verneem haar toestand is steeds baie ernstig.

Hou Shamoné in besonder in jul gebede.

************

Terugrapportering oor Chantelle vd Berg, Vereeniging Mediclinic.

Haar mamma, Chrisna, laat weet:

Baie baie dankie vir almal se oproepe en gebede. Chantelle was onder die brug maar sy gaan o.k. wees. Haar een voet is op 4 plekke gebreek maar sy was gisteraand in die teater dat hulle haar voet kon red. Hulle moes ‘n plaat insit om haar voet te kon heg. Vier ribbes is gekraak en een is af. Haar rug het ook seergekry maar hulle sal dit met oefening kan regmaak. Sy het baie seer maar gesels vandag beter. Sy is nog in ICU.

***************

Ankia Botes, ma van die beseerde Clari Botes, gee dié opvolgverslag:

Clari is steeds in die hospitaal. Penne is ingesit om haar pelvis te heg, wat dan later verstel gaan word. Sy moet vir 3 weke ‘n kateter dra vir die blaas om te herstel. Sy ontvang bloedoortapping vir haar lewer wat geskeur is. Penne is in haar enkel ingesit en is tans in gips. Sy kan tans nie pyn medikasie ontvang terwyl sy bloedoortappings kry nie. Sy het ‘n drein in haar maag. Dankie julle. Liefde vir almal.

*************

Belicia Kotze gee dié opdatering oor Vanessa Slabbert: Bid asb vir Vanessa. Sy is ook ernstig beseer. “Ek weet God hou haar styf vas en ek weet Hy sal Sy wonderwerke werk op elkeen van hulle wat beseer is se lewens,” sê Belicia.

*************
Cameron de Bastos gives this update on Milita Weber’s condition:

Update on Milita. Good news, Dr was just with us and he said we can go the bed rest, back brace option. It is going to be a lot longer and a bit more difficult, but in the long run it has so many benefits of total healing. She will be out of ICU tomorrow. They measure her for the brace on Monday, she will be here in hospital for another week and then 6 weeks at home, total bed rest. She has to wear the brace for another 6 weeks after that. She is young and should make a total recovery after that. Thank you for all the thoughts and prayers.
(Vaalweekblad learned that her back is fractured at L2 level.)

***************
Chamoné Botha gee dié terugvoer oor Monja Pelser:
Monja is oky! Sy is vanoggend ontslaan met ligamente wat seergekry het! Haar mamma (my skoonsus) sê daar het 2 penne deur haar hemp gesteek – sy was ONDER die slab en het verder nie ‘n skrapie op haar lyf nie! Dankie Hemelse VADER!
Sy het haar beste vriendin verloor – Marli Currie – so haar hart is nie so ongedeerd soos haar lyf nie. Ons hou aan bid vir vertroosting vir elke liewe een wat dit nodig het.

************

Heike Holton doen verslag oor Jessica Rogowski se toestand:

Jessica se linker skouervlerkie is gekraak. Daar is lug tussen die ribbekas en longe wat veroorsaak is deur ribbes wat die longe liggies “gepuncture” het maar dit is tans nie gevaarlik nie. Hulle neem daagliks x-strale om te monitor dat dit nie erger raak nie. Sodra dit erger word sal hul dit moet dreineer. Hulle sal Maandag weer x-strale neem om te kyk of dit verminder of vermeerder het. Intussen het sy baie seer en is ongemaklik en baie emosioneel. Dankie vir elke boodskap en oproep. Dankie aan Marius van Sandra Stark Oogkundiges wat met spoed kontaklense bestel het en die dame wat dit persoonlik by die hospitaal kom aflewer het. Jess kan nou uiteindelik weer sien sedert gisteroggend vroeg. Haar bril is verlore.

************

Daleen Nagel/Gerda van Heerden doen verslag oor Marnus Nagel:
Marnus is terug in die teater. Daar het ‘n bloedklont in die hoofslagaar gevorm waar die bekken beseer is. Die bloedklont is verwyder. Hy het tans sistemiese vergiftiging en het reeds meer as 14 eenhede bloed ontvang. Sy toestand is steeds uiters kritiek.

‘n Spesiale gebedsversoek word gevra vir Marnus.

********
Sifiso Tshabalala se rug en lewer is beseer. Mev. Amanda Potgieter, mamma van Monique Potgieter wat ook in die voorval beseer is, het vanoggend laat weet dat Sifiso en Monique in Mediclinic Vereeniging behandel word en dat albei goed vorder.
****************

Vaalweekblad sal graag wil hoor hoe dit met Jennifer Delport en die ander beseerdes gaan. Ouers of familie wat die jongste inligting het, is welkom om kommentaar onder hierdie post op Vaalweekblad Facebook te lewer.

* Dankie aan Benedet Thurling Goosen van die Gebedsgroep vir Driehoek-kinders wat die gemeenskap ingelig hou oor die kinders se toestand en vordering.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button