EntertainmentLocal newsNewsNews

Driehoek-ramp skud Vaal

Ettienne van Rensburg VANDERBIJLPARK. – ‘n Gemeenskap is Vrydagoggend in rou gedompel nadat drie leerling aan die Hoërskool Driehoek stragies gesterf het toe ‘n loopbrug inmekaar gestort het. Hoewel daar tans meer vrae as antwoorde is, is sosiale media met ‘n vloedgolf van medelye en ondersteuning vir die slagoffers, ouers, familie,  mede-leerlinge en onderwysers getref. …

Ettienne van Rensburg

VANDERBIJLPARK. – ‘n Gemeenskap is Vrydagoggend in rou gedompel nadat drie leerling aan die Hoërskool Driehoek stragies gesterf het toe ‘n loopbrug inmekaar gestort het. Hoewel daar tans meer vrae as antwoorde is, is sosiale media met ‘n vloedgolf van medelye en ondersteuning vir die slagoffers, ouers, familie,  mede-leerlinge en onderwysers getref.

Nasionale media het op die skool toegesak. Die Gauteng LUR van onderwys, Panyaza Lesufi, was later op die toneel en het die media toegespreek. Daar is aangekondig dat die skool tot verdere kennisgewing  gesluit is, totdat ‘n ondersoek afgehandel is. Flink werk deur maatskappye soos Natref en Sasol asook ander  siviele maatskappye en nooddienste het gehelp om die beseerdes te bevry en die toneel te beveilig.

Ondersteunings- en gebedsgroepe asook publieke Whats-app  groepe is gestig om die publiek, ouers en skoliere op hoogte te hou van die  vordering en omvang van die ander leerlinge se beserings. Beraders het na die toneel gehaas om leerlinge, ouers en personeel te ondesteun. Ander weldoeners het rondgeloop en water uitgedeel.

Vrydagaand het honderde inwoners, leerlinge en ouers kranse, blomme en kerse voor die skool neergesit tydens ‘n bidsessie vir die oorledenes en beseerdes. Saterdagoggend is daar regoor die Vaaldriehoek voor krieketwedstryde en sportbyeenkomsteoomblikke se stilte vir die oorledenes en beseerdes van die tragedie gehou.

Spesiale kerkdienste is vir Sondag beplan.

*Die onsensitiewe uitlating van Black Land First se  woordvoerder, Lindsay Maasdorp, waarin hy die dood van die wit kinders verwelkom het, het wye reaksie en skok uitgelok.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button