CommunityEntertainmentLifestyleLocal newsNewsNewsBreaking News

Talent spreek boekdele

Talent spreek boekdele

Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging, tuiste van aktiewe amateur-fotograwe, het onlangs sy eerste klubaand van 2019 gehou en die Januarie-tema was Spreekwoorde. Die senior-wenner in hierdie afdeling was Elsje Vermeulen met haar interessante foto Die koeël is deur die kerk, en in die junior-afdeling het Nicky Jansen van Vuuren se foto Elke hond kry sy dag ander fotograwe die loef afgesteek.
In die monochroom-afdeling het gesoute fotograaf Jan Jacobs die foto van die aand opgedis met Dancing Queen. Die foto is ook as die algehele wenfoto van die aand aangewys. Die junior-wenner in die monochroomafdeling is Elrick du Toit se Uphill Battle.
Die ander afdeling wenners is: Senior ope-afdeling – Mietsie Vissier (Kuifkop swaai sy vissie) en junior ope-afdeling – Rosie de Jager (Wild Child).
Visuele-kuns – Dricky Gouws (Elke klein dogtetjie se droom). Aanlyn-afdeling – Johan Enslin (Grootbrak- monding). * Alle amateur-fotograwe word genooi om klubaande op die kampus van die Noordwes-Universiteit in die Sentrum vir Telematiese Leer, Samancor-auditorium, Vanderbijlpark by te woon. Klubaande is elke derde Vrydagaand van die maand, behalwe Desember. Klubaande begin om 18:30.
Die volgende klubaand is op 15 Februarie en die maandonderwerp is ‘’Hande en voete”. Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging is geaffilieer by PSSA (Photographic Society of South Africa), die nasionale liggaam wat na die belange van amateur fotograwe in Suid Afrika omsien.
PSSA bied elke maand ‘n kompetisie vir geaffilieerde klubs aan en die beste foto tydens ‘n klubaand word vir hierdie Talent ‘spreek’ boekdele www.vdbp-photo.co.za of die Facebookblad by https://www.facebook.com/VdbpPhoto- Club waar daar gereeld interessante wenke opgelaai word.

Dancing Queen – Jan Jacobs
Elke hond kry sy dag – Nicky J van Vuuren
Elke klein dogterjie se droom – Dricky Gouws
Johan Enslin – Grootbrak monding
Kuifkop swaai sy vissie – Mietsie Visser
Uphill battle – Elrick du Toit
Wild Child – Rosie de Jager

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button