Photo GalleriesSportSportSport

Laerskole atletiek op sy beste

Ettienne van Rensburg VANDERBIJLPARK. – Die ontslape Oubaas Coetzee na wie die Hoërskool Transvalia se Prestige Uitnodigings-byeenkoms vir laerskole vernoem is, sou verlede Woensdag lekker geglimlag het. Die bron van dié binnepret sou natuurlik die gehalte van atletiek gewees het wat die volgende generasie atletiek-sterre opgelewer het. Maar dit is hoe dit hoort wanneer die …

Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK. – Die ontslape Oubaas Coetzee na wie die Hoërskool Transvalia se Prestige Uitnodigings-byeenkoms vir laerskole vernoem is, sou verlede Woensdag lekker geglimlag het.
Die bron van dié binnepret sou natuurlik die gehalte van atletiek gewees het wat die volgende generasie atletiek-sterre opgelewer het. Maar dit is hoe dit hoort wanneer die top-atlete van die Laerskole Midvaal, Risiville, Emfuleni, DF Malherbe, Vaalrivier, Vryheidsmonument en Eligwa mekaar die stryd aansê.
Die atlete wat meer as 800 tabelpunte tydens die byeenkoms verwerf het, is: 100m d.o/13: B. Coetzee (Emfuleni: 13.09s, 868 punte), gewigstoot: A. van der Westhuizen (Risiville: 11.48s, 892 punte), verspring d.o/11: T. van Breda (Eligwa): 4.09m, 891), verspring s.o/11: J. Viljoen (Risiville: 4.54m, 954 punte), verspring d.o/12: A. Pieterse (Risiville: 4.15m, 802 punte), verspring s.o/12: D. Oosthuizen (DF Malherbe: 4.50m, 825 punte), verspring d.o/13: B. Coetzee (Emfuleni, 4.82m, 914 punte), verspring s.o/13: V. Gouws (Vryheidsmonument: 5.03m, 881 punte), hoogspring d.o/11: T. van Breda (Eligwa: 1.25m, 825 punte), hoogspring s.o/11: J. Viljoen (Risiville: 1.30m, 840 punte), hoogspring s.o/12: JP Fourie (Vaalrivier: 1.42m, 898 punte), hoogspring s.o/13: Massyn Bukes (DF: 1.50m, 866 punte), 600m d.o/13: (Risiville: 1:35.65, 989 punte).

Related Articles

 
Back to top button