Jong motorfietsryer sterf tragies op Barrageweg
Jong motorfietsryer sterf tragies op Barrageweg
Jannie du Plessis – Vaalweekblad
VANDERBIJLPARK. – ‘n Jong man is gistermiddag, Saterdag 9 Februarie dood toe hy met sy motorfiets in ‘n ongeluk betrokke was.
Andrè Loggenberg, lid van die Gypsey Jokers motorfietsklub het sy lewe verloor toe hy met sy Honda gistermiddag in die rigting van Vanderbijlpark op die Barrageweg (R42) teen die bakkie gebots het.
Volgens die eienaar van die bakkie was hy vanaf die winkeltjie langs die Barragweg op pad na sy woning en toe hy die Barrageweg kruis, het die ongeluk gebeur.
Netcare 911, ER24 en die Barrage Polisie was op die toneel. Die saak word deur die polisie ondersoek.






