Wen R1000 met i-Water se blokraaisel!
Jy het nog tot vandag tyd om jou uitgawe van Vaalweekblad (13 Februarie 2019) by jou naaste winkel of kafee te koop om in te skryf vir dié maklike wedstryd. Dalk is JY die wenner van R1000!
Lees die onderstaande artikel en beantwoord die maklike vrae heel onder. Vul dit dan in op die blokraaiselvormpie in Vaalweekblad van 13 Februarie en dien dit in by enige i-Water tak, of pos dit aan Vaalweekblad by i-Water Blokraaisel, Posbus 351, Vanderbijlpark, 1900. Inskrywings moet ons teen 4 Maart bereik. Dalk wen jy die R1000! (As Vaalweekblad reeds uitverkoop is in jou gebied kan jy nog eksemplare by Vaalweekblad se kantore in Vanderbijlpark of Vereeniging koop).
i-Water: Verander jou water… verander jou lewe!
Al die goeie kos wat jy eet, kan nie opmaak vir die slegte water wat jy drink nie.
Die gehalte van die drinkwater wat inwoners van plaaslike munisipaliteite af ontvang, wek toenemend kommer. Om dié rede is baie Vaaldriehoekse inwoners nou reeds gereelde kliënte van i-Water, wat verseker dat jy jou water met gemoedsrus kan drink.
i-Water is ‘n gevestigde handelsmerk in die Vaaldriehoek met hoogs suksesvolle takke in Vanderbijlpark by Palms Mall in Louis Trichard-boulevard en Perfect Centre in Macowenstraat, sowel as in Sasolburg en Vaalpark. Daar is ook ‘n tak in Alberton by New Redruth Village Mall en nog een by Brentwood Park Mall in Benoni.
“i-Water is daartoe verbind om gesuiwerde water aan die publiek te voorsien en het baie lojale kliënte. Higiëne en kliëntediens is ‘n hoeksteen van ons besigheid en is ‘n nie-onderhandelbare vereiste in die uitvoering van ons personeelpligte,” sê Maureen Dosoudil, eienaar van i-Water.
“Ons streef voortdurend na beter prosesse om higiëne te verbeter en ons personeel ontvang gereelde opleiding in kliëntediens. Ons water word maandeliks by ‘n onafhanklike laboratorium getoets om te verseker dat kliënte water koop wat vry is van bakterieë, fekale materiaal en e-Coli. Ten einde kruisbesmetting van kieme van een kliëntbottel na ‘n ander tydens hervulling te voorkom, spuit ons die buitekant van alle kliënte se bottels met ‘n voedselsterilisasiemiddel en spoel al die bottels uit met water wat ‘n pH van minder as 4 het, op sigself ‘n steriliserende middel, wat dieselfde pH as ‘n suurlemoen het. Elke kliënt se bottel word met fyn (tissue) papier afgedroog, en die papier word nie vir meer as een kliënt se houer gebruik nie.
“Ons voorsien geïoniseerde alkaliese water vir mense wat die minerale in hul water wil behou en die gesondheidsvoordele van alkaliese water wil gebruik. Dit het dieselfde effek as alkaliese gesondheidspoeiers wat by plaaslike apteke beskikbaar is, maar sonder die onaangename smaak. Geïoniseerde alkaliese water help om spysvertering te verbeter, jig teen te werk en gewigsverlies te bevorder. i-Water se geïoniseerde alkaliese water word verkoop teen R3.00 per liter om te hervul.
“Ons gelukbringerkaraktertjie (mascot) Droppie, besoek gereeld skole en openbare plekke om mense bewus te maak van die noodsaaklikheid om gesonde water te drink. Hervulling van houers met gesuiwerde water kos slegs R1.00 per liter en ons vul enige grootte van so klein as 5 liter houers tot 1 000 liter tenks,” sê Maureen.
Franchises
Die idee om i-Water-takke op ‘n franchise-basis (konsessies) beskikbaar te stel, is gebore uit persoonlike ervaring, sê Maureen. Synde self ‘n voormalige franchise-houer, het dit uit gesprekke met ander sakelui geblyk dat swak diens en ondersteuning van franchise-gewers ‘n frustrasie kan wees.
“Ons handelsmerk is egter gebaseer op etiese handel wat ‘n klimaat van billike praktyk skep waarin die franchisehouer die wins kan maksimaliseer terwyl hy of sy ‘n lojale kliëntebasis opbou. Ons wil ‘n handelsmerk vestig wat ‘n platform vir mede-franchise-houers fasiliteer om hul ervarings te deel waar hulle beste praktyke, slaggate en tendense kan bespreek. i-Water is daartoe verbind om die franchise-houer vanaf die opstelling deurlopend te ondersteun met voortdurende hulp om ‘n winsgewende besigheid op te bou en in stand te hou. Ons maak nie leë beloftes nie; ons stap die pad saam met ons franchise-houers,” sê Maureen.
Skakel haar gerus as jy in ‘n franchise van i-Water belangstel.
“Like” ook hul Facebookblad: iwatervaal
Kontakbesonderhede
Tel: 083-389-0148
i-Water Perfect sentrum: 066-251-4080
i-Water Sasolburg: 079 452 6280
i-Water Vaalpark: 060 911 0982
i-Water Vanderbijlpark: 072 301 5593
E-pos: dosoudil@mweb.co.za
Blokraaiselvrae:
Leidrade – dwars:
4). i-Water voorsien geïoniseerde ********* water vir mense wat die minerale in hul water wil behou.
5). Die naam van i-Water se gelukbringertjie (mascot).
6). ‘n Tak van i-Water is in dié dorp aan die Vrystaatkant van die Vaaldriehoek.
8). Die water wat kliënte by i-Water koop, is vry van *********, fekale materiaal en e-Coli.
10). ‘n Winkelsentrum in Louis Trichardt-boulevard, Vanderbijlpark waar een van i-Water se takke geleë is.
Leidrade – af:
1). Die naam van die onderneming wat gesuiwerde water aan die publiek voorsien.
2). In watter straat in SE2 sal jy Perfect Centre en nog ‘n tak van i-Water vind?
3). Geïoniseerde alkaliese water help om spysvertering te verbeter, jig teen te werk en ************* te bevorder.
7). Is daar ‘n tak van i-Water in Vaalpark?
9). i-Water kan houers van 5 liter tot tenks van **** liter vul.
Onder: Gedeeltelike voorbeeld van blokraaisel:




