Local newsNewsNewsBreaking News

71 Jarige man kritiek na taxi in hoofstraat oor hom ry

71- Jarige man kritiek na taxi in hoofstraat oor hom ry

VANDERBIJLPARK. – ‘n Bejaarde man is Dinsdagoggend 19 Februarie in Pres. Krugerstraat op die kruising van Eric Louw straat deur ‘n taxi raakgery.

Marthinus Johannes (Tienie) Fivaz (71), is op die toneel deur ER24, Netcare 911 en die provinsiale ambulansdiens se paramediese personeel behandel wat vir ‘n geruime tyd probeer om hom te stabiliseer voordat hy na die Sebokeng hospitaal geneem is.

‘n Ooggetuie en passasier in die taxi het aan Vaalweekblad vertel dat hulle die bestuurder gewaarsku het aangesien hy ‘n hele aantal verskeerstekens die oggend verontagsaam het voor die ongeluk plaasgevind het. Volgens diè ooggetuie het die bestuurder die rooi robot in Pres. Krugerstraat ongeveer 08:45 verontagsaam en het oom Tienie, wat oor die robot gestap het, raakgery. Daarna het die taxi vermoedelik bo-oor hom gery.

Oom Tienie het geen identiteit by hom gehad nie en is deur die oplettenheid van Dewald van Rooyen, wat hom geïdentifiseer as iemand wat in sy skoonpa se straat woon en wat gereeld in die omgewing gesien is. Hy het toe die woning opgespoor waar oom Tienie bly. Dewald is na die huis maar volgens die buurvrou se huisbediende was die familie egter vanaf Carltonville op pad na Vanderbijlpark. Dewald het die familie na Sebokeng hospitaal vergesel waar oom Tinie nog vandag in ‘n kritieke toestand op asemhalingsapparaat gekoppel is.

Volgens Annette van Tonder, oom Tienie se dogter is dit vir hul familie ‘n baie groot skok gewees. Annette het vanoggend  aan Vaalweekblad gesê dat dit glad nie goed gaan met haar pa nie.

LEES MEER IN VAALWEEKBLAD VAN 27 FEBRUARIE.

Dinsdag 19 Februarie was daar nog ‘n ongeluk waarin ‘n motorfietsryer dood is. (Klik op die skakel) https://vaalweekblad.staging.lnn.caxton.cloud/42059/motorfietsryer-sterf-tragies-op-barrageweg/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button