CommunityNewsNews

Die alfabet se letters is soms te min

Dis nou een ding wat die Engelse nie reg gedoen het met hulle anneksasie van die wêreld nie. Hulle het die verkeerde goed gevat. Behalwe die belangrikste. Hulle omskryf toe die Egiptiese alfabet in plaas van die Chinese alfabet. Meer as drie duisend simbole gebruik die Chinese om alles te omskryf. Dis nou waar ek …

Dis nou een ding wat die Engelse nie reg gedoen het met hulle anneksasie van die wêreld nie. Hulle het die verkeerde goed gevat. Behalwe die belangrikste. Hulle omskryf toe die Egiptiese alfabet in plaas van die Chinese alfabet. Meer as drie duisend simbole gebruik die Chinese om alles te omskryf. Dis nou waar ek kleitrap. Met net ses-en-twintig letters kan mens mos nie alles rêrig korrek verduidelik soos die skrefiesoog-alfabet kan nie.
Laat ek verduidelik. Vrydagoggend net na elf was ons daar. By Lewenslig Sentrum vir breingestremde volwassenes se oggendkuier in Carterstraat 20, Vanderbijlpark.
Na al die drukkies en hartlike omhelsings het ons ons plek ingeneem. Tannie Breggie dirigeer en die Liggies sing ‘Dankie’. Net so handomkeer omvou die mooi van geloof en liefde jou. Oë wat sien, glimlagte wat glo, ʼn lied wat jou dra, ʼn gebed wat jou as mens meevoer. Die Liggies straal met geloof. As die laaste note van die lied swyg dan weet jy: So moet dit wees.
Ollie het vir ons die Haka gedoen. Beter as die All Blacks, want Ollie kán. Die Liggies het weer vir ons gesing met tannie Alet as dirigent.
Toe was dit kiekie-vat tyd. Almal mooies. Die son het geskyn. Die buurt se lug was skoon. Dit was uniek en besonders.
As ek die Chinese alfabet geken het kon ek die kuier baie mooier en beter uitgedruk het, maar nou moet jy as leser maar jou verbeelding gebruik en met die Egiptiese alfabet saam sukkel.
Of… gaan loer in by Liggies en dan sal jy ook verstaan.
Vra maar vir die koeranttannie van Vaalweekblad wat ook daar was hoe die liefde jou omhels…
Ai…die blêddie Engelse darem. Dat hulle ons so verneuk het… Dink nou net…!
* Die gevierde skrywer Nico Moolman en sy vrou, Naomi, is die nie-amptelike en baie geliefde “ouma en oupa” van Lewenslig se inwoners.

'Oupa Nico' en 'Ouma Naomi' tydens hul onlangse besoek aan die Lewenslig Sentrum in Vanderbijlpark.
‘Oupa Nico’ en ‘Ouma Naomi’ tydens hul onlangse besoek aan die Lewenslig Sentrum in Vanderbijlpark.
Ollie doen die Haka met soveel geesdrif dat die All Blacks maar kan gaan slaap.
Ollie doen die Haka met soveel geesdrif dat die All Blacks maar kan gaan slaap.
Die Liggies sing ‘Dankie’ só gevoelvol dat die note opklink tot in die hemel. Foto’s: Retha Fitchat
Die Liggies sing ‘Dankie’ só gevoelvol dat die note opklink tot in die hemel. Foto’s: Retha Fitchat

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button