Local newsNewsNewsBreaking News

Motorfietsryer sterf tragies op Barrageweg

Motorfietsryer sterf tragies op Barrageweg

VANDERBIJLPARK. – Die kruising op die Barrageweg (R42) en 1ste Laan voor El Toro slaghuis het vanmiddag, Dinsdag 19 Februarie net na 12:00 die lewe van ‘n 30jarige man geeïs toe hy met sy motorfiets agter teenaan ‘n bakkie gebots het.

‘n Vrou wat ‘n pap wiel gehad het, het aan Vaalweekblad vertel dat sy so skuins voor die toneel langs die pad gestaan het. Toe sy die slag hoor het sy gekyk en net wrakstukke sien teen haar voertuig val. “Ek het dadelik uitgeklim en na die man gehardloop wat op die grond gelê het. hy het nog beweeg en oomblikke later sy laaste asem uitgeblaas,” het Bianca Heyns aan Vaalweekblad vertel.

Volgens die bestuurder van die bakkie wou hy vanaf rigting Vanderbijlpark, regs draai in 1ste laan in toe hy die slag voel. Die motorfietsryer het die bakkie links agter getref en ‘n paar meter verder bly lê. Sy motorfiets het ‘n ent verder gelê. Hy is op die toneel deur ER24 dood verklaar. Die polisie is tans op die toneel.

FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button