Polisie Sersant ernstig beseer in ongeluk
Polisie Sersant ernstig beseer in ongeluk
Jannie du Plessis – Vaalweekblad
VANDERBIJLPARK. – ‘n Polisie sersant is ernstig beseer toe hy met ‘n polisie voertuig ongeveer 12:00 vanmiddag, Donderdag 21 Februarie in ‘n ongeluk betrokke was op die kruising van Piet Retief boulevard en Andries Potgieter boulevard.
Volgens inligting het die polisieman in die rigting van VUT gery. ‘n Wit Audi Q5 het in ‘n oostelike rigting in Piet Retief beweeg. Die polisie vangwa het teen die Audi op die regter-agterkant gebots. Die bestuurder van die Audi is met ligte beserings deur Netcare 911 na die Mediclinic Emfuleni geneem vir behandeling. Die Polisieman is deur ER24 paramediese personeel ook na die Mediclinic Emfuleni geneem vir behandeling.
Die polisie is op die toneel en die saak word ondersoek.







