CommunityNewsNews

SAP Supreme Cup: Wen duisende rand se pryse!

Hope pret, heerlike kos en opwindende perdesport wag op Vaaldriehoekse gesinne by die SAP Supreme Cup wat 26 September by die Vaal-renbaan plaasvind. Maar dis nie al nie! Vaalweekblad en Ster is mediaborge van die dag en bied vroeg die oggend ‘n pretdraf aan waaraan die hele familie, van jonk tot oud, kan deelneem. Groot …

Hope pret, heerlike kos en opwindende perdesport wag op Vaaldriehoekse gesinne by die
SAP Supreme Cup wat 26 September by die Vaal-renbaan plaasvind. Maar dis nie al nie! Vaalweekblad en Ster is mediaborge van die dag en bied vroeg die oggend ‘n pretdraf aan waaraan die hele familie, van jonk tot oud, kan deelneem.
Groot pryse is op die spel, soos ‘n sleepwa ter waarde van R15 000 van Sunrise Trailers, vliegkaartjies van Mango na enige bestemming in die land, luukse akkommodasie in die Drakensberge en verskeie ander pryse wat deur President Hyper en ander ondernemings geskenk word.
Registreer sommer nou op www.ticketpros.co.za en kom stap saam ten bate van Cansa. Toegang is heeltemal gratis, maar deelname aan die pretdraf kos R50 vir volwassenes en R20 vir kinders van 18 en jonger. Slegs mense wat aan die pretdraf deelneem of geregistreer het, kom in aanmerking vir die gelukkige prystrekkings. Meer besonderhede is beskikbaar by 083 246 0523.
Bekende sangers soos Pieter Smit en Anton Myburgh gaan dwarsdeur die dag musiek maak terwyl jy kan smul aan die Supreme Prawns Festival se heerlike seekos. Verskeie stalletjies gaan ook hul interessante ware kom uitstal. Dagboek gerus 26 September as jy ‘n feestelike dag vol pret vir die hele gesin wil hê!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button