[Videogreep en Foto’s] Fietsryers in Welkom vanaand
Fietsryers in Welkom vanaand

VANDERBIJLPARK. – Vanoggend 22 Februarie het 14 Fietsryers van Vanderbijpark vertrek op die 16de ‘trap vir Bybels’ toer op pad na Bloemfontein.
Intussen het heelwat fietsryers van oral oor by hulle aangesluit en is hulle vanmiddag ongeveer 13:30 deur Kroonstad. Net na 16:00 het hulle hul bestemming vir die dag, Welkom binne gery.
Môre is die laaste skof oor Bultfontein na Bloemfontein waar hulle by die Bybelhuis gaan eindig. Die rit van Vanderbijpark tot in Bloemfontein is ongeveer 380km.
In Welkom sluit nou nog ‘n aantal fietsryers by die groep aan en verwag hulle so 160 fietsryers op die pad môre.
Die toer word ten bate van die Bybelgenootskap van SA gehou.
SIEN BERIG VAN VANOGGEND. (Klik op skakel). https://vaalweekblad.staging.lnn.caxton.cloud/42252/video-fietsryers-uit-vaal-ry-vir-bybels/
















