LifestyleLocal newsNews

Op 90 ‘gym’ Ouma Lilly nog elke week!

Kinders, kleinkinders, agterkleinkinders en selfs agter-agterkleinkinders het onlangs in Vanderbijlpark bymekaargekom om die 90ste verjaardag van mev. Lilly van der Linde te vier.

 

Kinders, kleinkinders, agterkleinkinders en selfs agter-agterkleinkinders het onlangs in Vanderbijlpark bymekaargekom om die 90ste verjaardag van mev. Lilly van der Linde te vier. Ouma Lilly, soos wat haar familie haar noem, is reeds meer as 50 jaar ‘n inwoner van die dorp en woon nou in ‘n aftreeoord. Ses kinders, vier dogters en ‘n seun, is uit Ouma Lilly en haar oorlede man, Marthinus, se huwelik gebore. Hy het haar in 2011 ontval. Hoewel sommige lede van hul nageslag in die buiteland woon en nie die partytjie kon bywoon nie, het meer as 50 van hul afstammelinge wat in Suid-Afrika woon, saam kom fees vier. Volgens mev. Madia Rossouw, Ouma Lilly se kleindogter, bestuur dié energieke dame op 90 steeds haar eie motor en sy ‘gym’ ook nog elke week. ‘Ons as kinders en familie is baie trots op haar en baie lief vir haar,” sê Madia.

 

Foto onder: Ouma Lilly van der Linde lyk jare jonger as haar 90 jaar. Dalk het haar gesonde lewenstyl en gereelde besoeke aan die ‘gym’ iets daarmee te doen!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button