Alle Country-paaie lei dié naweek na die Vaal!
Alle Country-liefhebbers, trek aan daardie stewels en maak gereed vir die groot SA Country Top 10-fees wat van 8 tot 10 Maart by Sharky Town, Barrage-weg, Vanderbijlpark, plaasvind.

VANDERBIJLPARK. – Alle Country-liefhebbers, trek aan daardie stewels en maak gereed vir die groot SA Country Top 10-fees wat van 8 tot 10 Maart by Sharky Town, Barrage-weg, Vanderbijlpark, plaasvind.
‘n Groot getal bekende en bekroonde Suid-Afrikaanse kunstenaars trek vanaf Vrydag tot Sondag in die Vaaldriehoek saam vir dié jaarlikse feesgenot.
Die hekke open Vrydag om 16:00 vir die groot Country Melodie-toekennings. Optredes deur die 21 kunstenaars begin vanaf 18:00. Lance James, Clive Bruce, Alan Ladd, Sez Adamson, Charles Rudd, Manie Jackson, Carlo Leone, Maritza en Judith Kea gaan onder andere optree. Toegang is R50 vir volwassenes en R20 vir kinders onder 16. Kaartjies is slegs beskikbaar by die hek.
Saterdag, 9 Maart, kom Stephan Visagie, Pieter Mohr, Tony Night en agt gaskunstenaars aan die beurt vir die Country-Opskop. Deure open om 15:00 en optredes begin 17:00. Toegang is R40 vir volwassenes en R20 vir kinders onder 16.
Sondag 10 Maart is dit Gospel-tyd in die afdak-arena met Lance James, Manie Jackson, Tony Knight en Nico Booijse. Toegang is R40 vir volwassenes en R20 vir kinders onder 16. Hekke open om 12:00 en die optredes begin om 14:00.
Ongelukkig word geen eie kos of drank toegelaat nie, maar heerlike kos en ‘n kontantkroeg is wel beskikbaar. Veilige parkering word verskaf.
Die 21 Kunstenaars van Vrydag is: (SA Country Melodie-toekennings)
Lance James, Clive Bruce, Alan Ladd, Sez Adamson, Charles Rudd, Manie Jackson, Carlo Leone, Maritza, Chrissie Rossouw, Lydia Winchester, Herbie & Tony, Dan Huston, Nico Booijse, Lee Vaughn, Marius Dippenaar, Ernie Bates & The Split, Judith Kea en Henri Alant.
Die 11 Kunstenaars van Saterdag is: (Country Opskop)
Stephan Visagie, Pieter Mohr, Carlo Leone, Tony Knight, Herbie & Tony, Ryno Van Niekerk, Dan Huston, Charlene, Roy Allen, Jay-B en Quinton Van Eyk.
Die 4 Kunstenaars van die Sondag is: (Country Gospel Kuier)
Lance James, Manie Jackson, Tony Knight en Nico Booijse.



