Local newsNewsNewsUpdate

Motorfietsryer sterf toe hy teen bakkie bots

VANDERBIJLPARK. - Die kruising by Barrageweg (R42) en 1ste Laan voor El Toro-slaghuis, het Dinsdagmiddag 19 Februarie net na 12:00 die lewe van ‘n 30-jarige man geëis toe hy met sy motorfiets agter teen ‘n bakkie gebots het.

VOLLEDIGE  VAALWEEKBLAD 27 FEBRUARIE OPVOLG BERIG

Jannie du Plessis

VANDERBIJLPARK. – Die kruising by Barrageweg (R42) en 1ste Laan voor El Toro-slaghuis, het Dinsdagmiddag 19 Februarie net na 12:00 die lewe van ‘n 30-jarige man geëis toe hy met sy motorfiets agter teen ‘n bakkie gebots het.
Adriaan Swanepoel is op die toneel dood. Bianca Heyns, wat ‘n pap wiel gehad het, het aan Vaalweekblad vertel dat sy skuins voor die toneel langs die pad gestaan het. Sy was besig om met haar man oor die telefoon te praat. Toe sy die slag hoor, het sy skuins agtertoe gekyk en gesien hoe wrakstukke van die motorfiets teen haar voertuig val.
“Ek het dadelik uitgeklim en na die man gehardloop wat op die grond gelê het. Hy het nog beweeg en ek het twee mense gevra om die ambulans te bel.
Hy is egter oomblikke later dood,” het Bianca vertel.
Volgens die bestuurder van die bakkie wou hy vanaf die rigting van Vanderbijlpark regs draai in 1ste Laan in toe hy die slag voel. Adriaan, wat op pad huis toe was, het die bakkie links agter getref en ‘n paar meter verder bly lê. Sy motorfiets het nog ‘n ent verder gelê. Hy is op die toneel deur ER24 dood verklaar.
‘n Niggie van Adriaan, Adèle Pias het aan Vaalweekblad gesê sy het Adriaan geken as ‘n wonderlike, liefdevolle en dierbare mens.
Adriaan se roudiens is Vrydag 22 Februarie vanuit die Volle Evangelie Kerk in Vanderbijlpark gehou. Hy laat sy seun JC, sy meisie Sonja Bruwer en ouers, Naas en Riekie agter.

FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
Foto: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button