Man gearresteer na hy Pizza motorfiets stamp
Man gearresteer na hy Pizza motorfiets stamp
VANDERBIJLPARK. ‘n Man is vroeg vanaand (3 Maart) gearresteer nadat hy vermoedelik onder die invloed een van Domino’s Pizza se motorfietsryers van agteraf gestamp het.
Die ongeluk het net voor 20:00 op die robot van Jan van Riebeeck boulevard en Frikkie Meyer boulevard plaasgevind. Die bestuurder van die motorfiets het sy knieg beseer en is deur ER24 na die Mediclinic Emfuleni geneem vir behandeling. Die bestuurder van ‘n wit Mercedes is op die toneel deur die polisie gearresteer.
Volgens die bestuurder het hy nie die motorfiets gesien nie maar op die toneel is bevestig dat die agterlig en briekligte in werkende toestand is. Die verkeersdepartement was ook op die toneel.









