VANDERBIJLPARK. – ‘n Ongeluk gisteraand (5 Maart) het die lewe geeïs van ‘n vrou en haar ongebore baba terwyl haar man ernstig beseer is op die kruising van die R42 en R57 (kruising van die dood).
Die ongeluk het na 10:00 gebeur tussen twee Volkswagen Polo’s. Die silwer Polo het die swanger vrou bestuur met haar man as passasier en in die wit Polo was ‘n vrou wat net lig beseer is.
Netcare 911 het die vrou op die toneel dood verklaar terwyl haar man na die Vaalpark hospitaal geneem is vir behandeling. Die ander vroue bestuurder is ook deur Netcare 911 op die toneel behandel.
Beide voertuie was op die R57 in verskillende rigtings op pad toe een van die voertuie in die rigting van Vanderbijlpark wou draai. Die wit Polo het omgetol en die robot uit die grond geruk. Die silwer Polo het in die aankomende baan van die Vaal Mall se kant tot stilstand gekom.
Buurwag lede het die verkeer gereguleer en Emfuleni brandweer en die polisie was op die toneel. Die die saak word deur die polisie ondersoek word.








