LifestyleLocal newsNationalNewsBreaking News

Wie gaan optree teen dié dieremishandeling?

Driebeen-hond word skynbaar geboelie deur vermoedelike eienaar

 

Aletta Jansen Van Vuuren het vroeër vandag ‘n video op Facebook geplaas van ‘n Vaaldriehoekse man, vermoedelik ‘n verstandelik gestremde boemelaar, wat sy  hond met net drie bene, boelie of mishandel.

Aletta skryf:
Almal in Riversdal (Midvaal) weet al van die man wat hier rondloop, daagliks agter die posbusse sit en drink, en die hond met net die drie bene. Ek plaas hierdie video omdat die DBV nie op die klagtes reageer oor die man wat die hond mishandel nie.
Ek hoop hierna sal daar gereageer word. Hierdie insident het Donderdag 07/03/2019 plaasgevind.

* Vaalweekblad weet nie wat die presiese omstandighede agter die video is nie. Dalk is dit regtig net ‘n onskuldige speletjie wat op die video erger lyk as wat dit is, hoewel dit glad nie goed vir ons lyk nie. Vaalweekblad se redaksiespan sal by die DBV uitvind of hulle reeds aandag aan die saak gegee het of beplan om betrokke te raak. Ons vertel later meer.

Kyk na die video by hierdie skakel:

https://www.facebook.com/alettajvvuuren/videos/10218558128604976/UzpfSTEwMDAwNTM4NDM1ODc3ODpWSzoxMDE1Njg5MjcyNzc2OTY1MQ/

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button