[Video en Foto’s] Substasie ontplof – dele van dorp lank sonder krag en miljoene se skade
[Video en Foto's] Substasie ontplof - dele van dorp lank sonder krag en miljoene se skade
Jannie du Plessis – Vaalweekblad
VANDERBIJLPARK. – Die hele dorp was vanmiddag 12 Maart sonder krag nadat substasie 203 in Curie boulevard, wat in die verlede probleme gegee het, ontplof het.
Skade van miljoene rande is aangerig. Ooggetuies het vertel dat die hele gedoente in Curie boulevard by die ligpale begin het waar die vlamme uit die grond geskiet het en groot gate veroorsaak het. Vlamme en vonke het selfs oor die gras van een paal na die ander gehardloop en toe na die substasie wat begin brand het. Vlamme uit die substasie volgens ooggetuies het tot oor die pad gestrek. Vandaar het die kabels na buite gebrand en het die groot transformator buite ontplof.
Voorlopige skattings is dat die kragtoevoer na seker dele van die dorp tussen 10 dae en drie weke sal neem om te herstel. Meeste ander dele van die dorp se kragtoevoer is herstel nadat die substasie 203 geïsoleer is en die substasies in ander dele weer aangesit is. Veral die CW areas, dele van die NW area en kleinhoewes moet voorsiening maak tydens die herstel van die substasie.
VAALWEEKBLAD HOU JULLE OP HOOGTE!!!
Video: Jannie du Plessis – Vaalweekblad
FOTO GALLERY: Jannie du Plessis (Vaalweekblad)
















































