Silwerrandjie om donkerwolk
VANDERBIJLPARK. – Die HTS Carel de Wet se eerste rugbyspan het die Vaaldriehoek van segelose Saterdag gered toe hy die Afrikaans Hoër Germiston met 73-0 ‘n rugbyles gegee het. Die Hoërskole Transvalia, Driehoek, Vereeniging Gimnasium en HTS Sasolburg het almal streepsuiker gekry. Transvalia is met 25-8 deur die Hoërskool Menlopark van Pretoria geklop. Die manne …

VANDERBIJLPARK. – Die HTS Carel de Wet se eerste rugbyspan het die Vaaldriehoek van segelose Saterdag gered toe hy die Afrikaans Hoër Germiston met 73-0 ‘n rugbyles gegee het. Die Hoërskole Transvalia, Driehoek, Vereeniging Gimnasium en HTS Sasolburg het almal streepsuiker gekry.
Transvalia is met 25-8 deur die Hoërskool Menlopark van Pretoria geklop. Die manne in pers en geel van die Hoërskool Driehoek het ook hard probeer, maar is uiteindelik met 26-10 deur Birchleigh geklop. Die HTS Sasolburg het ook nie ‘n maklike dag op kantoor beleef nie, toe hy met 36-10 deur Wilgerivier geklop is. Die Vereeniging Gimnasium se Wit Tiere was ook sonder byt toe hy met 43-5 deur die Hoërskool Goudveld geklop is.














