Vaaldriehoek-rockgroep stel nuwe enkelsnit vry en is op pad KKNK toe!
Net toe Suid-Afrika gedink het dat hulle nou alles gesien het... kom die musiekgroep, JOHNNIE TAKBOK, en draai boererock op sy kop met hulle splinternuwe enkelsnit, HARTJIE VAN DIE VRYSTAAT, wat pas bekendgestel is!

Net toe Suid-Afrika gedink het dat hulle nou alles gesien het… kom die musiekgroep, JOHNNIE TAKBOK, en draai boererock op sy kop met hulle splinternuwe enkelsnit, HARTJIE VAN DIE VRYSTAAT, wat pas bekendgestel is!
Hierdie oorspronklike snit, uit die groep se eie pen, bevat al die bestanddele van die perfekte opskop-rocktreffer wat nog vir jare op die dansvloer gaan koning kraai. “HARTJIE VAN DIE VRYSTAAT is ’n liedjie vir al die nooientjies daar buite. Nie om vlerk te sleep nie, maar om dankie te sê vir alles wat hulle vir die mans in hulle lewens doen – of dit nou toebroodjies-inpak vir werk is of selfs trekker-ry op die plaas,” verklap hoofsanger, Charl Bezuidenhout oor die betekenis agter hulle nuutste vrystelling. “Ek dink mense gaan van die liedjie hou, omdat die lewe van ’n regte plaasmeisie uitbeeld. As jy nie ’n plaasmeisie is nie, sal dit jou laat hunker na die plaaslewe of nostalgies laat verlang na die plaas waarop jy grootgeword het.”
Luister dit op SoundCloud: https://soundcloud.com/user-20643435-613167668/johnnie-takbok-hartjie-van-die-vrystaat
Die groep, wat bekendheid verwerf het vir hulle unieke klank en energieke verhoogpersoonlikheid, maak ook in 2019 hulle debuut op die KKNK-verhoog en is baie opgewonde om hulle musiek, en nuwe enkelsnit, met die land te deel. “Ons is baie dankbaar oor die geleentheid om by die KKNK op te tree vanjaar. Dis beslis ’n groot mylpaal in ons musiekloopbaan, omdat dit Suid-Afrika se grootste kultuurplatform is… nie net om by op te tree nie, maar ook om ’n boodskap oor te dra aan die volk, met ’n bietjie ouskool-rock daarby,” sê Charl.
KKNK-DATUMS
Saterdag, 23 Maart 2019 – KKNK Kuiertuin (17h00 tot 18h00)
Sondag, 24 Maart 2019 – Headlines Restaurant, Oudtshoorn (15h00 tot 16h00)
Maandag, 25 Maart 2019 – Headlines Restaurant, Oudtshoorn (17h00 tot 18h00)
Maandag, 25 Maart 2019 – Brian’s Grill, Oudtshoorn (22h00 tot 23h00)
Dinsdag, 26 Maart 2019 – KKNK Kuiertuin (18h00 tot 20h00)
Dinsdag, 26 Maart 2019 – Brian’s Grill, Oudtshoorn (21h00 tot 22h00)
Woensdag, 27 Maart 2019 – Headlines Restaurant, Oudtshoorn (18h00 tot 19h00)
’n Musiekvideo van HARTJIE VAN DIE VRYSTAAT word ook vir binnekort beplan en sal ’n eerste wees saam met die nuwe lede, wat in 2017 bygekom het.
Hulle nuutste vrystelling is geneem vanaf hulle debuut-album, Skoffel, wat in 2018 tydens ’n stampvol-konsert bekendgestel is by Elephant & Friends Pub in Pretoria. Die groep se debuut-CD spog met tien voetstamplekker-liedjies waarsonder geen partytjiespeellys volledig sal wees nie. Die titelsnit is ’n opgewekte boererock-verwerking, wat nie net jou voete sal laat jeuk om te dans nie, maar ook in jou kop sal vassteek lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het. Dit gaan oor lekker kuier-Vrydae waar mense net wil dans en hulleself geniet en die lirieke en musiekstyl vul mekaar perfek en is die perfekte manier om ’n lekker kuier aan die gang te kry.
JOHNNIE TAKBOK is in 2015 gestig deur Charl Bezuidenhout (voorsanger en akoestiese kitaarspeler), Wouter van Wyk (ritme- en akoestiese kitaarspeler) en Janes Blomerus (baskitaarspeler). Die Boer, hulle eerste enkelsnitvrystelling, is baie goed ontvang en het vir tien weke op Overvaal Stereo se Top 20 gepronk en op ’n stadium in die nommer vier-posisie ingeskuif op die trefferleer. Die musiekvideo van hierdie snit het sosiale media oorgeneem en is deur meer as 100 000 aanhangers, op verskeie platforms, gesien.
In 2017 het hulle besluit om uit te brei, omdat dit tyd was om van meer instrumente gebruik te maak vir hulle musiek. Clive Horak is genader om die rol van hoofkitaarspeler aan te pak, terwyl Ivan Enslin sy plek as dromspeler ingeneem het, en dit was die begin van ’n groot en opwindende nuwe hoofstuk vir hierdie dinamiese rockgroep. Sedertdien het die groep ook al die verhoog gedeel met groot name soos Piet Botha, Pieter Smit, Piet Pompies, Pieter Naudé en Jan Blohm.
Luisteraars van enige ouderdom sal aanklank vind by JOHNNIE TAKBOK se musiek, wat wissel tussen briljante weergawes (covers) van bekende treffers uit verskillende genres, asook uitsonderlike oorspronklike materiaal wat onmiddellik aandag trek. Met hierdie album, vat hulle ook Afrikaanse rock na ’n vlak wat selfs Axl Rose se knik van goedkeuring sal wegdra.
Dié energieke Afrikaanse rockgroep tree regoor die land op en is ook gereeld te sien by Die Windpomp in Meyerton. HARTJIE VAN DIE VRYSTAAT sal aanhangers nie net lekker laat ‘Skoffel’ nie, maar is ook ’n getuigskrif van die ongelooflike talent wat hulle het om met die wêreld te deel.
Die enkelsnit is beskikbaar op die volgende platforms:
iTunes, Apple Music en Google Play.
VORIGE OPTREDES
Feeste & Funksies – Tekkiefees, Afri-Boer Fees, Boertjiefondsfees, Pannefees, Dome Rally, Steel Wings Rally, Iron Maden Day Jol, Klerksdorp Toy Run, Gimmies Pot- en Ponsdag, BMW Daly Motrad, Road Rockers Day Jol, Stage Rock Fest, KKNK.
Venues – Sinkshack Bronkhorstspruit, Nashville Witbank, Die Windpomp Kroeg Meyerton, J&B Vanderbjilpark, Broers Rustenburg, Stage at N12 Klerksdorp, Oelies Pub and Grill Klerksdorp, Spikes Cabin Rustenburg, Montana Family Market Pretoria, CHICa D Vereeniging, Tuscany Vereeniging, Elephant and Friends Moreleta Pretoria, Despacito Klerksdorp, Ribleys Klerksdorp, Wildevy Marble Hall, Gas Monkeys Vanderbijlpark, The Shack Vaalpark, Plaas Toe Vaalpark, Route 66 Pub and Grill Vanderbijlpark, Blixsem Drankwinkel Vanderbijlpark, AB’s Pub and Grill Parys, Ledends Parys, Cow and Bull Vanderbijlpark, Phoenix Vanderbijlpark, The Pub Nelspruit, Die Groen Rissie Vereeniging, German Club Vanderbijlpark.
ANDER LIEDJIES DEUR JOHNNIE TAKBOK
Skoffel – https://www.youtube.com/watch?v=Fp3PHshmjOo
Vergifnis – https://www.youtube.com/watch?v=6wiq_xatOHo
Facebook: https://www.facebook.com/JohnnieTakbok/
Webblad: www.johnnietakbok.co.za
NAVRAE & BESPREKINGS
Annelien van Basten
Sel: 082 863 6817
E-pos: bookings@johnnietakbok.co.za



