Groot frustrasie weens taxi-protes
Chaos het reeds vroegoggend (20-3-20219) oor die hele Vaaldriehoek uitgebreek toe taxi-bestuurders met die hulp van vragmotors bykans al die ingange na en uit veral Vereeniging en Sebokeng versper het

Elsje Vermeulen
Chaos het reeds vroegoggend (20-3-20219) oor die hele Vaaldriehoek uitgebreek toe taxi-bestuurders met die hulp van vragmotors bykans al die ingange na en uit veral Vereeniging en Sebokeng versper het.
Na wat verneem kon word is die grootste oorsaak hiervan die ongelukkigheid oor die bou van die nuwe taxi-rank in Vereeniging wat sloer. Daar is ook ander bydraende faktore en ontevredenheid oor sekere gelde betaalbaar deur taxi-eienaars.
Die afsper van paaie het ook na Vanderbijlpark uitgebrei waar die besige “kruising van die dood” ook tot groot frustasie vir motoriste gelei het.
Die probleem by dié kruising is gelukkig weer uitgesorteer en tans (omstreeks 12:30) terug na normaal.
Op die foto’s kan gesien word hoe die verkeer opgehoop het en motoriste en vragmotorbestuurders moes omdraai en ‘n ander roete gaan soek.
Verskeie vragmotorbestuurders het langs die pad afgetrek en geduldig sit en wag dat die situasie opklaar.
Nog inligting sal deur die dag met lesers gedeel word. Hou ook volgende week se Vaalweekblad dop vir die volledige ondersoek oor die oorsaak van die ongelukkigheid, en die impak wat dit op inwoners gehad het.
- Readers, please note that trucks seen in the photos on facebook are not necessarily part of the protest action in and around the Vaal. Some of these vehicles have logos of companies that are NOT involved in the strike. They got caught up in the traffic jams along with many other vehicles and the drivers are trying to get through to their destinations.




