Local newsNewsNewsBreaking News

[Video] Inwoners moedeloos en sonder kos as gevolg van die krag situasie

[Video] Inwoners moedeloos en sonder kos as gevolg van die krag situasie

Jannie du Plessis – Vaalweekblad

Skenkings gevra vir kos, stoele en tafels

VANDERBIJLPARK. – Kragloos, sonder kos, geen warm water, sonder petrol en baie moedeloos is die beskrywing van die inwoners van die klein huisies in die CW5 area waar krag reeds vir twee weke af is.

Sonder om te diskrimineer of te bevoordeel word almal in die klein gemeenskap geraak deur die Plaaslike Emfuleni Munisipaliteit se swak onderhoud en dienslewering wat die gevolg was dat substasie 203 gebrand het en die daaropvolgende twee weke wat die klein gemeenskap sonder krag sit. Met geen simpatie of hulp van die munisipaliteit het gemeenskappe rondom die gebiede begin om kos aan die mense te voorsien.

Seker dele van die CW4 area en CW5 het intussen soort van krag gekry deurdat die krag op beurte na verskillende dele aangesit word en wat opgewek word deur kragopwekkers. Maar gesinne in die klein huisies in Joe Slovo straat, David Anneke straat, Philip Nel straat en omgewing, sit al ‘n volle twee weke sonder krag, Sommige inwoners het stoorplek vir hul kossies gekry. Ander weer het hulle hele maand se vleis verloor. Stoorplek vir die goed is so ver soos Sasolburg en ander dorpe in die omgewing by familie en vriende gekry. Sommiges het al van hul meubels verkoop om petrol in te gooi. Kerse, gas en brandstof het addisionele uitgawes gebring. Diabete moes plan maak met hul insulien aangesien dit verkoel moet word.

En die ergste is dat diè gemeenkap reeds swaar trek met baie inwoners wat SASSA pensioenarisse is en die Munisipaliteit geen bystand gee aan enige van die hulpbehoewende families wat juis in die klein huisies woon wat aan die munisipaliteit behoort.

Baie pensionarisse en arm gesinne sit sonder kos en lede van die gemeenskap het ingespring om elke aand iets op die tafel te sit vir die sowat 400 inwoners. Vuurmaak en gasstofies help om die kos gaar te kry. Kerse verskaf lig in die aand. Baie van die inwoners het vir ‘n lang tyd geen warm bad of stort gehad nie.

‘n Pleidooi het uitgegaan vir maalvleis, spaghetti en groente om die honger magies môre aand 27 Maart te stil en vir Donderdag sop en brood. Daar word ook gevra dat as iemand kan help met stoele en tafels sodat die inwoners darem op ‘n menslike manier kan sit en eet sal dit baie waardeer word. Hulp en skenkings is egter nodig om die mense kos te gee tot die krag situasie uitgesorteer is. 

Skenkings kan by 68 Fordstraat, direk langs laerskool Totius se sportgronde, afgegee word.

VIDEO: JANNIE DU PLESSIS

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button