Photo GalleriesSportSportSport
Langasems tem VM-Challenge
VANDERBIJLPARK. – Sowat 500 atlete het op Menseregte Dag douvoordag aangetree om die Vaal Mall Challenge oor 10-, 15- en 20 kilometer kaf te draf. Die hoofwedloop oor 20km is deur Sixeliseni Mtiki in ‘n spogtyd van 01:08:42 gewen. Kort op sy hakke was Nduduzo Sithole (01:09:18) en Thabiso Victor Mosekili (01:09:41). Die vroue-wedloop is …

VANDERBIJLPARK. – Sowat 500 atlete het op Menseregte Dag douvoordag aangetree om die Vaal Mall Challenge oor 10-, 15- en 20 kilometer kaf te draf.
Die hoofwedloop oor 20km is deur Sixeliseni Mtiki in ‘n spogtyd van 01:08:42 gewen. Kort op sy hakke was Nduduzo Sithole (01:09:18) en Thabiso Victor Mosekili (01:09:41).
Die vroue-wedloop is deur Bonita van Staden in ‘n goeie tyd van 01:29:50 gewen. In die tweede plek was Scipati PCO (01:33:15), gevolg deur Wilanda van Rooyen (01:39:08) in die derde plek.
Die top uitslae is:
Vroue: Izel van Rooy 01:19:57, Guiliana Kuilder 01:20:25 en Athinifiyanla Ndobeni 01:22:08.
10km mans:
Ntiti Konana 00:36:48, Buti Mazivela 00:37:36 en Lehlohonolo Rapuleng.
Vroue:
Lebo Mofokeng 00:40:48, Megan van Deventer 00:45:55 en Irene Myburgh 00:49:18.



























