CommunityLifestyleLocal newsNewsNewsBreaking News

SKOKKEND! – Hoe kan sy my baba net so vat?

Hierdie is een van vele skokkende bewyse dat ouers nie die kennis het om te weet wat om te doen in 'n situasie waar jou kind van jou weggeneem word. Die skokkende feit is dat daar landwyd wel ongeruimdhede en kinderhandel plaasvind, asook geld verwissel tussen pleegouers, aanneem ouers en maatskaplike werkers in ons land.

Hierdie is een van vele skokkende bewyse dat ouers nie die kennis het om te weet wat om te doen in ‘n situasie waar jou kind van jou weggeneem word. Die ontstellende feit is dat daar landwyd wel ongerymdhede en kinderhandel plaasvind, en bewerings word gemaak dat soms geld verwissel tussen pleegouers, aanneemouers en maatskaplike werkers in ons land.

Die goeie nuus egter is na ‘n onderhoud met die betrokke maatskaplike werker gaan die kind eersdaags terug geplaas word in die ma se sorg en dat die trauma wat sy as moeder en klein baba moes deurgaan, eersdaags weer ‘n gelukkige einde gaan hê. 

Enige iemand in die Vaaldriehoek met sulke ervarings kan gerus Vaalweekblad kontak by (016) 950 7000.

 

Anoniem van Vanderbijlpark skryf:

Op 19 November 2018 het ek saam met ‘n vriend by my tannie se huis op die plotte gewag vir ‘n saamrygeleentheid na Vanderbijlpark.  My babadogtertjie (3 maande oud) was binne die huis by my tannie terwyl ek en my vriend buite gewag het.  Ek het gekla van erge maagpyn en my vriend het vir my twee trekke dagga gegee om te rook vir die pyn.

Toe ons rygeleentheid daar aankom is ons drie, ek, my vriend en my kind by die Departement van Binnelandse Sake afgelaai. Ek het net my baba se doeksak by ons gehad.  Ons het nie ‘n stootwaentjie by ons gehad nie aangesien ons afhanklik was van iemand anders se vervoer.  In die doeksak was al my baba se melkbottels, doeke, klere ens.

Toe ons klaar was by Binnelandse Sake, was ons te voet op pad na my ouma se huis.  Ons het geloop want nie een van ons besit ‘n motor nie en die persoon wat vir ons ‘n rygeleentheid gegee het, het ander dinge gehad om te doen.  Ek het my babadogtertjie se toppie uitgetrek sodat sy nie te warm sou kry nie.  Ons het ‘n klein, groen Chevrolet Spark verby ons sien ry.  Die Spark het ‘n u-draai gemaak en by ons gestop.  Die dame in die motor het gevra of sy ons iewers kan gaan aflaai.  Ek het gesê dit sal baie gaaf wees, dit is nie vêr nie en dat ons op pad is na my ouma.

Toe ons in die kar geklim het, het die vrou se houding verander.  Sy het haar voorgestel aan ons. Ek en my vriend kom egter toe agter dat sy in ‘n ander rigting ry.  Ons vra toe wat aangaan en die vrou begin ons skel en sê ek is nie ‘n ma se gat werd nie.  En dat ek ‘n slegte ma is om so met ‘n baba rond te loop.  Sy vat ons toe na ‘n plaaslike traumasentrum toe.  Daar ontmoet ons toe ‘n swart vrou wat saam met haar werk.  Ons het geen idee gehad wat aangaan nie.  Die vrou het my kind by my gevat en gesê ek is ‘n slegte ma en sal nooit weer my kind sien nie.

Die vrou het my na SANCA toe gevat vir ‘n dwelmtoets.  Die urienetoets het aangedui dat ek net positief toets vir dagga.  Die dame by SANCA het vir die vrou gesê ek praat die waardheid en dat daar niks anders wys nie, net die dagga soos ek vir haar gesê het.

Terug by die traumasentrum het nog ‘n dame met kort swart hare en ‘n bril daar aangekom.  Ek het nie toe geweet of sy ‘n maatskaplike werker is nie.  Ons is toe met die vrou en die dame in hul motors na ons huis toe.  Ek het op daardie stadium ‘n kamer gedeel met ‘n ander meisie.  Die vrou het in die huis gegaan en vir my huismense gesê hulle vat my baba en dat ek haar nooit weer sal sien nie.  Die vrou is toe in my kamer in, sonder ‘n maatskaplike werker.

Daarna vra die vrou my om goed te gaan pak vir my babadogtertjie.  Ek het wipes, melk, doeke, klere ens.  vir die vrou gegee.  Hulle het toe vir my gevra om my naam, van en telefoonnommer op ‘n papier te skryf.  Hulle het daar weggery met my baba sonder om te verduidelik wat aangaan.  Hulle het nie gesê waarnatoe hulle my kind vat nie.  Hulle het nie ‘n nommer van ‘n maatskaplike werker gegee wat sal werk met die saak nie.  Ek het nêrens geteken op ‘n vorm J36 nie.  Hulle het letterlik net my baba gevat en weggery.

Die volgende dag het ‘n *Retha (Skuilnaam) van ‘n welsynsorganisasie in Vanderbijlpark my gekontak en vir my gesê ek moet die volgende Maandag 26 November 2018 by die welsynsorganisasie se kantore wees.  By die welsynsorganisasie se kantore het ek my dogtertjie nog net drie maal gesien vir 15 min elke keer.  En twee afsprake was gekanselleer.  Elke keer as ek vra wanneer kry ek my kind terug dan se Retha:  “ Wanneer jy jouself bewys”.

Nou hoe weet Retha wat my omstandighede is as sy nog nooit huisbesoek gedoen het nie.  Sy weet nie eers of die aantygings waar is nie?  En in die vier maande, wanneer gaan sy kom kyk of ek myself al bewys het?  Ek het nog steeds geen papierwerk geteken nie.  So dit wil voorkom of daar nie ‘n vorm J36 uitgereik is nie.  Retha-hulle doen geen moeite met huisbesoek nie, maar bel konstant vir my oor my kind se geboortesertifikaat?

Ek bly al vir amper 5 maande by my verloofde se ouers.  Die kamer is pragtig ingerig vir my en my babadogtertjie.  Daar is ‘n kot, doeke, melk, bottels, pap, komberse, klere en nog meer.  So, vir watter rede word ek en my kind van mekaar geskei?  Ek het al haar eerste mylpale gemis.  Haar eerste kruip, geluidjies en haar eerste Kersfees!

Twee keer is ek gekontak omdat ek nie in die hof verskyn het nie. Nie die welsyn werker of die vrou van die traumasentrum het my gekontak en gesê ek moet in die hof gewees het nie. Op die 3de April, bykans vyf maande na my kind weggeneem is daag die maatskaplike werker eers by die huis op. Die volgende dag is ek weer getoets vir dwelms en die uitslag was negatief. Die dag daarna het ek my kind eers vir die vierde keer kon sien. Nou eers is ek ingelig dat ek die 18de April in die hof moet wees.

Verder wil ek net sê met kennis wat ek na die tyd ingewin het:

  • Die vrou is glad nie ‘n maatskaplike werker nie, en mag nie kinders verwyder nie sonder ‘n maatskalike werker teenwoordig.
  • Jy mag nie ‘n kind verwyder sonder ‘n vorm J36 nie anders is dit ontvoering.
  • Die vrou kan nie kinders by ouers verwyder net omdat hulle stap en nie vervoer het nie.
  • Hoe kan hulle my sleg maak en my baba vat as sy nie eers weet hoe lyk die omstandighede by die huis nie?
  • Die vrou het geen outoriteit om huisbesoeke te doen nie, sy mag nie net in mense se huise ingaan nie.
  • Die vrou mag nie enige iemand net vat vir dwelmtoetse nie.
  • Gaan die vrou nou rondry en al die minderbevooregte mense se kinders wegvat?
  • Op ‘n foto waar die vrou my babadogtertjie vashou, kan jy sien my kind is skoon, gesond en goed versorg met mooi skoon klere aan.
  • Maatskaplike werkers moet gaan kyk hoe lyk huise en die omstandighede.
  • Nadat ‘n kind verwyder is, moet daar ‘n ondersoek gedoen word deur die maatskaplike werker wat op die saak werk. Sy/hy moet huisbesoeke doen en kyk of die saak geldig is.
  • En as daar iets is wat nie reg is by die huis nie, moet hulle die mamma help om dit reg te maak.
  • ‘n Plek van veiligheid is gewoonlik net vir 3 dae tot 90 dae dan besluit die hof.
  • Die beste plek vir ‘n baba is by sy ma, veral as sy mamma vir haar net goed was. Sy was skoon en gesond.  Sy was nie verwaarloos of mishandel nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button