ELSJE VERMEULEN – VAALWEEKBLAD
VANDERBIJLPARK. – Water het reeds vroeg vanoggend (Woensdag, 4 April), soos ‘n fontein uit ‘n waterpyp voor ‘n woning in Goodyearstraat, CW6, Vanderbijlpark gespuit. Verbygangers het gestop en dit dadelik rapporteer, want dit is vir niemand lekker om te sien hoe skoon water vermors word nie. Omstreeks 08:45 het werkers van ELM wel opgedaag om die probleem te ondersoek en te verhoed dat water verder vermors word. Die water het reeds in ‘n stroom in die straat afgeloop.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



